Place-making

VERFRAAIING EN "ONS PLEK"- MAKING

Die volhoubare transformasie van die afgebakende gebied, met spesifieke fokus op die opgradering en verfraaiing van die huidige openbare ruimtes, is een van die prioriteite van die Cachet Park CID. Hierdie diens sluit die volgende in:

  • Verbeter straatontwerp om veilige wandelpaaie en fietsroetes in te sluit met duidelike aanduidings en borde ('n stap-plan vir die afgebakende gebied);
  • Ontwerp en oprigting van borde in openbare ruimtes om die kultuur en geskiedenis van die omliggende gemeenskap te weerspieël (bv. ‘n erfenisroete in die afgebakende gebied);
  • Ontwikkel Cachetpark en ander openbare ruimtes in die afgebakende gebied as veeldoelige bestemmings, insluitend die "Power of 10+ plekbepalingsbeginsels", skep lewende ruimtes en herbenut openbare ruimtes vir publieke gebruik;
  • Ontwikkel in oorleg met die plaaslike taxi-vereniging(s) gerieflike taxi-parkering en verwante fasiliteite;

 

 

 

 

 

 

  • Reël gemeenskapbouende geleenthede, bv. feeste, markte (om die afgebakende gebied se plaaslike ekonomie te verbeter / aan te vul), openbare kuns-aksies, ens;
  • Verskaf estetiese aantreklike elemente om huidige straat-skepping te verbeter, bv straatmeubels (banke), plaaslike kuns (bv beeldhouwerke), aantreklike beligting, ens.
  • Ontwerp, opgradering en voorsiening van openbare ablusiegeriewe by Cachet- en TT Cloete-park wat duursaam is, en maklik is om skoon te hou en in stand te hou;
  • Herstel en opgradering van die ATKV-verhoog op Cachetpark