WELKOM BY CACHET PARK CID

Stadsverbeteringsdistrik

Oor Ons

Cachet Park CID het sy ontstaan in 2018 gemaak toe toegewyde inwoners, besigheidseienaars, skoolhoofde en -personeel en studente geglo het en deel geraak het van ʼn voorgestelde oplossing. Die missie is eenvoudig – verseker dat die omgewing – waarbinne o.a. die Bult as hartklop van Potchefstroom gesetel is –  skoongehou word van alle ongewenste elemente.

Aan die stuur van sake was oud Visiekansellier van die NWU, Potchefstroomkampus, Professor Fika Janse van Rensburg.

Waarvoor het ons nie mandaat nie?

  • Vervanging van straatligte
  • Vervanging van padtekens
  • Herstel van waterlekke
  • Herstel van slaggate
  • Verf van paaie
  • Oopmaak van stormdreine
  • Stilmaak van geraasmakers

Indien jou klagte een van die bogenoemde behels, sal ons dit deurgee aan die munisipaliteit. Jy is ook welkom om dit self deur te gee by een van die volgende plekke:

Requestor App – klik hier

Kontak die munisipaliteit by :

  • 081 299 5111 (Navrae)
  • 018 299 5408 (JBM Water, Paaie en Infrastruktuur)
  • 081 299 5350 (JBM Elektrisiteit en Straatligte)

Gereelde Vrae

Enige iemand wat in die afgebakende gebied van die Cachet Park CID woon, kan lid raak van die projek. Die eerste stap sal wees om die lidword-vorms hier af te laai, te voltooi en te stuur aan johan@cachetparkcid.co.za

Berekening van maandelikse ledebydrae (In 2022: R246,02 per R1 miljoen munisipale waarde)

 

 

Cachet Park CID is in bespreking en onderhandeling met JB Marks Munisipaliteit ten einde te bewerkstellig om die totale dienslewering oor te neem en die munisipaliteit maandeliks te faktureer. Onderhandelinge is egter nog nie afgehandel nie en tans is fooie aan albei partye betaalbaar.

CID Projekte

Rapporteer ʼn probleem hier:

Ons Vennote:

Die sukses wat bereik word met hierdie projek hang af van die ondersteuning van ons lede en ander rolspelers. Dankie aan elke betalende lid en vennoot.