Oor Ons
Cachet Park CID het sy ontstaan in 2018 gemaak toe toegewyde inwoners, besigheidseienaars, skoolhoofde en -personeel en studente geglo het en deel geraak het van ʼn voorgestelde oplossing. Die missie is eenvoudig – verseker dat die omgewing – waarbinne o.a. die Bult as hartklop van Potchefstroom gesetel is – skoongehou word van alle ongewenste elemente. Aan die stuur van sake was oud Visiekansellier van die NWU, Potchefstroomkampus, Professor Fika Janse van Rensburg.
Cachet Park CID is ʼn nie-winsgewende organisasie met die primêre doel om die bepaalde afgebakende gebied skoon, veilig en netjies te hou. Die stigterslede, JB Marks munisipaliteit en die NWU, Potchefstroomkampus, het die ontstaan van hierdie maatskappy moontlik gemaak.
Sedertdien vind befondsing deur vrywillige ledebydraes en donasies plaas.
Dienste
Dienste wat permanent deur Cachet Park CID aan sy lede gelewer word is:
- Beveiliging van die omgewing d.m.v. 24/7 CCTV kamera monitering, wagte, patrollies en ʼn toegewyde reaksievoertuig.
- Vullisverwydering en herwinning.
- Skoonmaak- en grassnydienste van gemeenskaplike areas, parke en sypaadjies.
Die span agter die skerms is ʼn voorbeeld van hoe saamwerk en harde werk, kan lei tot sigbare verandering, deurbrake en die stel van ʼn nuwe status quo. Hierdie span bestaan uit ʼn nie-uitvoerende direksie, diensverskaffers en voltydse personeel.
Direksie
- Prof. Daryl Balia
- Benje Ouwencamp
- Bertus Els
- Deon Fourie
- Johann Holm
- Thabani Mhlongo
- Col. Des Ayob
Bestuur
Johan Naude Hoof Uitvoerende Beampte
Finansiële Administrasie