Dienste wat permanent deur Cachet Park CID aan sy lede gelewer word is:
1. Beveiliging van die omgewing:
Beveiliging van die omgewing:
Installering en monitering van CCTV kameras in die afgebakende gebied.
Sigbare teenwoordigheid van sekuriteitsbeamptes en -voertuie in die gebied.
Goeie samewerking met die NWU Beskermingsdienste en die SAPD.
Die beskikbaarheid van ʼn “First Point of Report” vir enige iemand wat nood of paniek in ons omgewing beleef.
Het jy geweet?
2. Skoonmaak- en grassnydienste van gemeenskaplike areas, parke en sypaadjies:
Sny van gras op alle sypaadjies en parke
Onkruiddoders en plaagdoders
Weeklikse vee van strate en parke
Afsny van bosse, struike en bome
Boom-onderhoud
CPTED – Misdaadvoorkoming deur omgewingsontwerp
Park-instandhouding
Bestuur van rommel, blare en ander vullis (uitgesluit huishoudelike vullis en privaat tuinafval)
2024 Grassny en skoonmaak kaart
Het jy geweet?
3. Vullisverwydering en Herwinning
Gereelde huishoudelike vullisverwydering soos geskeduleer.
Plasing van herwinningsstasies in geïdentifiseerde areas.
Bestuur van herwinning, hergebruik en herwinning van afval.
2024 Vullis verwydering skedule
Het jy geweet?
BUZZER APP
As ‘n manier om ons diens aan U, ons gemeenskapslid, te verbeter is ons opgewonde om aan te kondig dat ons nou deel is van die Buzzer-netwerk.
Buzzer is ‘n gratis toepassing waar U tydens ‘n noodgeval ons binne sekondes met ‘n druk van ‘n knoppie kan laat weet waar U is, as ook wat die noodgeval is.
Dit is net nog ‘n manier waarop ons daar is om U te beskerm en te dien.